Image Alt
The Big Update
MRI sounds
Die groot update en recap. Ek is begin Desember gediagnoseer met ‘n dramatic boob- aka Borskanker.

 

Ek dink nie daar is woorde om te beskryf hoe erg diagnose was nie. Ek dink Jannie het my nog nooit voorheen so baie sien huil nie. (Hy het ook die afgelope jaar my twyfelagtige sang talent beter leer ken- Daar word BAIE Jan Pierewiet gesing vir Jan-arme man.)

 

Deur Francois (dankie) het ons by die beste moontlike dokters uitgekom nl Prof Benn & Prof Rapaport.

 

Ek is intusen gepoke en geprod. Daar het al ‘n paar mense second base gehaal, sonder dat ek eers op ‘n date gevat was.

“Maar ongelukkig is daai trial reeds vol. “

MRI masjiene klink soos old fashion dail up internet, Mangolian Throat Singers en my Ma se Speed Queen toe dit op die koffie was.

 

Arme Jan is nou op blik melk met voorbereiding vir behandeling. Dit het wel gemaak dat die radioloog se assisent gevra het of ek implants het…wel nee. En ongelukkig is ek weer terug tot ‘n modest B cup.

 

In terme van behandeling het hulle aansoek gedoen dat ek op ‘n targeted Chemo trial gaan. Maar ongelukkig is daai trial reeds vol. Die plan is nou ‘n immunotherapy trial. Hou duimvas. Ek sal volgende week meer inligting daaroor he.

“Maar dit is maar ‘n roller coaster waarop niemand wil wees nie.”

Anyway, ek is rustig en het volle vertoue in my dokters. Maar dit is maar ‘n roller coaster waarop niemand wil wees nie.

 

Bitter baie dankie vir almal se liefde en omgee. Dit word ongelooflik baie waardeer. En 2024 gaan nogsteeds amazing wees! (Ek is net ietwat pissed of dat ek nie vanjaar die Moshoeshoe walk kan doen nie)

I am Alida - the unfortunate owner of a troublesome tit.

Get in touch:
alida@troublesometit.co.za